Baie geluk aan die NG Kerk, Pretoria vir Dowes, met jul 30ste Verjaarsdag wat op 6 Julie 2010 gevier is
Dit was wonderlik om Arina en die kantoor personeel te ontmoet. Elkeen van julle is baie spesiaal.
Balloon Creations wens hul alle voorspoed toe vir die toekoms en mag dit ‘n Geseënde Jaar en toekoms wees vir hulle.
Baie dankie ook aan Laurindia en Michael , dat ons kon deel wees in jul spesiale dag.
Agtergrond inligting: Baie dankie aan Arina vir die inligting met betrekking tot die kerk:
Hoof Kerkleier: Dominee Dr Chris Malan
Gemeentelede:. Ongeveer 160 volwassenes en 51 kinders. Ons deure en harte staan egter oop vir elkeen wat verlang om Jesus beter te leer ken. Baie jongmense skakel by ons gemeente in wat nie lidmate is nie.
Waar julle presies geleë is. Die gemeentesentrum is op die hoek van Jacobsstraat en 10de Laan, Gezina (fisiese adres 10de Laan 361, Gezina)
Wanneer (datum) het jul Gemeente presies ontstaan. Gemeente Pretoria Dowes is op .. Julie 1980 gestig. Ek is nie baie seker van die dag nie maar dink dit was 6 Julie.Het julle ‘n web tuiste? Ongelukkig nog nie, maar ons werk daaraan om een te kry.:
Meer agtergrond: Hoe word daar kerk gehou: Dit is ’n gebaretaal gemeente waar die dienste in gebaretaal aangebied word. Al is die leraar nie gehoorgestremd nie ‘praat’ hy baie vlot gebaretaal – die taal van die Dowe. Daar word in gebaresang lof aan die Skepper gebring sonder dat daar musiek is. Die musiek ‘leef’ in die harte van die lidmate en vind uiting in hul gebare-lof. Omdat gebaretaal ’n visuele taal is, is lyftaal ’n baie belangrike deel van die Dowe kultuur, met ander woorde, gesigsuitdrukkings sowel as liggaamsbewegings speel ’n baie groot rol in die kommunikasie. Gemeente Pretoria Dowes het op 18 Julie 2010 haar 30ste verjaardag uitbundig gevier en al die lof aan die Vader, Verlosser en Vriend gebring vir 30 jaar genade. Daarom droom en werk Pretoria Dowes dan daaraan dat…
- Elke Dowe God se Vader-liefde,
- Jesus Christus se Verlossing,
- en die Heilige Gees se Vriendskap sal ken.

